All Black-kaptein verwag ‘n taai stryd teen Bokke

Rugby: Die Rugbykampioenskap begin die naweek met twee toetse wat gespeel word. Argentinië verwelkom Australië Saterdagaand in Mendoza. Die kompetisie begin egter voor dit in Mbombela, wanneer die Springbokke en die All Blacks mekaar die stryd aansê in die twee lande se eerste kragmeting sedert 2018. Die All Black-kaptein, Sam Cane, verwag nog ‘n taai wedstryd.