Staking-ooreenkoms beloop N$924 miljoen

Die staking van die Namibiese staatsamptenare is afgelas. Die regering en die vakbonde het ingestem tot ‘n 3 persent-salarisverhoging vir staatsamptenare. Behuisingstoelae vir staatsamptenare onder bestuursvlak sal met 11 persent styg, terwyl vervoer-toelae met 14 persent sal styg, effektief vanaf 1 April 2022. Die totale koste van die ooreenkoms beloop 924 miljoen Namibiese dollar. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement van ekonomie aan die Universiteit van Namibië, gee sy reaksie op die ooreenkoms aan Kosmos 94.1 Nuus.