China begin missiele afvuur rondom Taiwan

China het vandag verskeie missiele naby Taiwan afgevuur in sy grootste militêre oefeninge ooit in die Straat van Taiwan, ‘n dag nadat Nancy Pelosi, speaker van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, die selfregerende eiland besoek het. Die Chinese weermag het gesê hulle het teen drie-uur vanmiddag begin om missiele in die water af te vuur in die noorde, suide en ooste van Taiwan wat tot Sondag sal duur. Taiwan se ministerie van verdediging het gesê 11 Chinese Dongfeng ballistiese missiele is in waters rondom die eiland afgevuur. Die laaste keer wat dit gebeur het, was in 1996.