Aktiviste sê COP26 was net meer van dieselfde

‘n Kaapstadse klimaatveranderingaksiegroep vir die jeug sê hulle is nie tevrede met die manier waarop die wêreldberaad oor klimaatverandering, COP26, geëindig het nie. ‘n Woordvoerder van Projek-90-teen-2030, Gabriel Klaasen, sê die wêreld het reeds 25 soortgelyke wêreldberade voor vanjaar se beraad gehou, met min optrede ná beloftes en verklarings deur leiers en verteenwoordigers by sulke byeenkomste. Hy glo die laaste twee weke van COP26 was min of meer dieselfde: