Mango kry (nog) nie ‘n belegger nie

Die Mango sakereddingspraktisyn Sipho Sono sê dit sal tyd neem om ‘n belegger vir die buurland se lugdiens te bekom. Die lae-koste lugdiens wat deur die regering besit word, en ‘n filiaal van SAL is, is in Julie in sakeredding geplaas. Mango se krediteure-vergadering om oor die voorgestelde sakereddingsplan te stem, is gister uitgestel want SAL wou ‘n wysiging byvoeg. Sono sê die wysiging is om vir die hervatting van bedrywighede voorsiening te maak, slegs nádat die proses om ‘n belegger te vind, afgehandel is.