Aktivis gesels oor onlangse Walvis-chaos

Die bekende aktivis aan die kus, Knowledge Iipinge het sy stem bygevoeg tot die onlangse chaos op Walvisbaai na die protesoptog wat deur Michael Amushelelo gereël is. Dit het amper in geweld ontaard en die spesiale reserwemag het uiteindelik traangas gebruik om die groep uiteen te dwing. Iipinge het sy mening oor die aangeleentheid so verwoord.