Paxlovid in SA goedgekeur

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het Paxlovid, ‘n antivirale medisyne wat deur Pfizer vervaardig word, geregistreer vir die behandeling van Covid-19. Dit is geskik vir die behandeling van ligte tot matige Covid-19 by volwassenes, wat nie aanvullende suurstof benodig nie, maar by wie daar ‘n groter risiko is om om te vorder na ernstige Covid-19. Die reguleringsowerheid sê Paxlovid bestaan uit tablette vir wat vyf dae lank per mond geneem word in oggend- en aanddosisse. Newe-effekte sluit in, hipersensitiwiteitsreaksies, diarree, braking en veranderde smaak. Die owerheid sê die registrasie van Paxlovid is ‘n welkome stap in die stryd teen die pandemie.