Dialoog, diplomasie kan oorlog en konflik vermy – Hage

Namibiese President Hage Geingob het as voorsitter van die SAOG se orgaan oor politiek, verdediging en veiligheidsamewerking, die buitengewone Troika-beraad vir staatshoofde toegespreek. Hy sê konflik is gebaseer op ‘n mislukking in dialoog en diplomasie. Hy het ‘n beroep op SAOG-lande om altyd eers diplomasie toe te pas.