Agribank se gratis lesings waardevol vir boere

Agribank bied gereeld gratis kursusse en seminare aan om boere op te lei en meer veerkragtig te maak, in ‘n poging om boere te bemagtig. Die laaste lesing was oor hoe om vee en veegetalle tydens die droogte te bestuur. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Erastus Ngaruka, die tegniese adviseur vir Agribank se Adviesdienste, oor die belangrikheid van hierdie lesings.

Ngaruka sê dat die lesings in al die streke aangebied sal word.