Gewapende rowers takel Canyon Roadhouse Lodge

Die polisie het bevestig dat die Canyon Roadhouse Lodge in die Karasburg-distrik Donderdag deur gewapende rowers beroof is. Vier tot vyf mans het net voor een die oggend die sekuriteitswag aangerand en oorrompel. Hulle het die ontvangslokaal se venster gebreek en toe die kantoor se deur oopgebreek, en die kluis se sleutel in die hande gekry. Hulle het 77 001,95 Namibiese dollar uit die kluis gesteel. Hulle het toe die mobiele OTM-masjien oopgebreek en 97 400 dollar daaruit gesteel. Die totale bedrag is 174 401,95 dollar. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.