Volksmoord-ooreenkoms in limbo

Die Nasionale Vergadering hervat sy sitting op 7 September en daar was reeds talle berigte oor die vertragings in sy bedrywighede met wetsontwerpe wat reeds meer as ‘n jaar wag om bespreek te word. Onder die vertragings is die ooreenkom in verband met die volksmoord. Met die laaste sitting van die huis, het opposisiepartye hulle sterk teen die ooreenkoms uitgespreek. Die ooreenkoms sluit ‘n betaling van 1,1 miljoen euro oor 30 jaar in en die geld word deur Duitsland beskryf as ontwikkelingsbystand en nie reparasies nie. Die ooreenkoms moet deur die parlement bekragtig word. Daar word ook verwag dat die Duitse President Frank-Walter Steinmeier amptelik om verskoning sal vra in die Nasionale Vergadering.