Afrikabeker veldtog skop mooi af vir Banyana

Banyana Banyana het hulle Afrikabeker-veldtog in Marokko met ‘n oorwinning van stapel gestuur toe hulle die verdedigende kampioene, Nigerië met twee-een verslaan het. Jermaine Seoposenwe en Hildah Magaia se twee doele in die tweede helfte het Banyana Banyana aangespoor tot ‘n oorwinning oor die Super Falcons, vir wie Rasheedat Ajibade laat in die wedstryd ook ‘n doel aangeteken het. Magaia sê hierdie wegspring-oorwinning gee hulle selfvertroue vir hulle volgende Groep C-wedstryd teen Burundi wat Donderdag plaasvind: