Malema weer in die hof oor vuurwapen

Die EFF-leier Julius Malema sal na verwagting vandag weer in die Streekhof in Oos-Londen in die Oos-Kaap verskyn vir die roekelose afvuur van ‘n vuurwapen in die openbaar. AfriForum het in 2018 klagtes teen Malema ingedien nadat ‘n video op sosiale media verskyn het. Die burgerregte-organisasie se woordvoerder, Jacques Broodryk, sê die Nasionale Vervolgingsgesag vervolg ook die leier van die rooipette vir die besit van ‘n vuurwapen en ammunisie sonder die nodige lisensie en toestemming: