Internasionale Strafhof reik arrestasiebevel teen Putin uit

Die Internasionale Strafhof het vandag ‘n bevel van inhegtenisneming teen die Russiese President Vladimir Putin uitgereik en hom daarvan beskuldig dat hy verantwoordelik is vir oorlogsmisdade wat in die Oekraïne gepleeg is. Die IKR het in sy eerste lasbrief gevra dat Putin in hegtenis geneem word weens die vermoede van die onwettige deportasie van kinders en die onwettige verplasing van mense van die grondgebied van die Oekraïne na die Russiese Federasie. Die hof het afsonderlik ‘n lasbrief uitgereik vir Maria Lvova-Belova, Rusland se kommissaris vir kinderregte, op dieselfde aanklagte.