Gobabis se bul stand weer fier

Gobabis se Brahmanbul-standbeeld staan weer in sy volle glorie. Gobabis-inwoners sê die bul is die trots van die Omaheke-streek en simboliseer die ryk geskiedenis van beesboerdery in die streek. Gemeenskapslede het die bulstandbeeld herstel wat onlangs ná ‘n storm beskadig is. Die goewerneur van die Omaheke-streek, Pijoo Nganate het sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus gedeel om die bul-standbeeld weer te sien.