Affirmative Repositioning Movement reageer op grondgryp

Die Affirmative Repositioning Movement-beweging het gereageer op berigte dat wat 200 inwoners van die hoofstad toegesak het op die gebied naby Kilimanjaro en Okahandjapark, net noordoos van Windhoek, en grond vir hulself uitgesit. Lede van die gemeenskap het aan plaaslike media gesê hulle sal aanhou om erwe vir hulself uit te sit tot 6 Augustus. Die beweging is van mening dat armes grond moet kry, maar Simon Amunime van die beweging het gesê dié grondgrypery is ‘n ‘n motief van die Swapo-party om die Windhoekse burgemeester, dr. Job Amupanda te saboteer. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die oplossing is moet gesamentlik deur die raad van Windhoek gevind word en nie deur die burgemeester alleen nie.