Geingob sê Namibiërs mag protesteer teen Noa se heraanstelling

Die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië se direkteur-genraal, Paulus Noa, het glo gepleit om weer vir vyf jaar heraangestel te word, anders sou hoë profiel korrupsiesake geraak word. Kundiges en politici het egter gesê dit is nonsens. Volgens plaaslike mediaberigte word dit beweer dat Noa sy pleidooi in ‘n brief aan President Hage Geingob en die Nasionale Vergadering vroeër die maand gemotiveer het. Noa se heraanstelling is met ontevredenheid deur sommige Namibiërs en veral opposisiepartye begroet. President Geingob het gesê as mense hieroor wil protesteer, is dit hul reg om dit te doen.