AA voorspel SA brandstofpryse gaan skerp styg

Die AA in Suid-Afrika voorspel dat brandstofpryse volgende week skerp gaan styg. Die vereniging verwag dat petrol 83-sent per liter duurder gaan wees, en diesel en paraffien 48 sent duurder. Die beramings is gemaak volgens die jongste ongeouditeerde syfers van die Sentrale Energiefonds. Die AA skryf die reuse-stygings toe aan die afgelope maand se rand/dollar-wisselkoers en die hoër internasionale olieprys.