ActionSA soek antwoorde op Kubaanse miljoene

ActionSA sê hy is stomgeslaan oor die nuus dat die regering meer as 300 miljoen Suid-Afrikaanse rand bestee het aan die betaling van Kubaanse dokters en ingenieurs. Die woordvoerder van die party Lerato Ngombeni sê dit is onbegryplik dat die regering miljoene so uitgee terwyl die land se mense finansieel sukkel. Ngombeni sê ActionSA gaan ‘n aansoek kragtens die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting aanvra om vas te stel presies hoeveel uitbetaal is: