Musk-werknemers afgedank na hulle hom kritiseer

Elon Musk se SpaceX het minstens vyf werknemers afgedank nadat hulle bevind het dat hulle ‘n brief opgestel en versprei het waarin die stigter Elon Musk gekritiseer word. Die ope brief het die maatskappy se bestuurders versoek word om die firma se kultuur meer inklusief te maak. Die president van die maatskappy Gwynne Shotwell het die opdrag vir die afdanking gegee. Musk het in sy 44 miljard Amerikaanse dollar bod vir Twitter dit duidelik gemaak dat hy vryer beheer oor spraak op die platform ondersteun. Die werknemers het in die brief gesê dat Musk ‘n “afleiding en verleentheid” vir die maatskappy is.