Rusland sê grane word uit Oekraïne uitgevoer, met sy hulp

Rusland sê hy fasiliteer die uitvoer van graan en oliesade vanaf die Oekraïne deur Russies-beheerde deurgangspunte op die Azof-see. Oekraïne, soos Rusland, is een van die wêreld se grootste uitvoerders van graan en oliesade, en hy het Rusland daarvan beskuldig dat hy graan steel uit gebiede in die Oekraïne waarop sy magte beslag gelê het. Die Russiese adjunkpremier Viktoria Abramchenko het die bewering in verwerp. Sy sê Rusland is besig om ‘n veilige deurgang vir graan en enige ander voedsel soos oliesade te verseker, sodat dit sonder hindernisse vanaf die Oekraïne uitgevoer kan word. Oekraïne se onvermoë om sy groot diepsee-hawe, Odesa, te gebruik weens Rusland se militêre inval, het gelei tot ‘n styging in wêreldwye voedselpryse en tekorte in lande wat op invoere staatmaak.