ActionSA sluit aan by Enyobeni-betoging

ActionSA in die Oos-Kaap sal vandag buite die Oos-Londense Landdroshof by ‘n betoging oor die Enyobeni-taverne aansluit. Die taverne waar 21 tieners in Junie onder geheimsinnige omstandighede dood is, se eienaars verskyn vandag in die hof. Siyakhangela Ndevu en sy vrou, Vuyokazi, staan tereg op aanklagte dat hulle die Drankwet oortree het deur drank aan minderjariges te verkoop. ActionSA se woordvoerder, Zandisile Mabuya, sê hulle eis ‘n deeglike en deursigtige ondersoek: