McKinsey en Macron skakel word ondersoek

Franse staatsaanklaers het hul bestaande ondersoek na belastingbedrog en geldwassery by die maatskappy McKinsey en Kie uitgebrei om so die rol van raadgewende maatskappye in twee presidentsverkiesings in te sluit. Dis die verkiesing van 2017 en vanjaar se verkiesing wat Emmanuel Macron vir ‘n tweede ampstermyn gewen het. Die staatsaanklaers sê bewerings van onbehoorlike hantering van veldtogrekeninge, die onderwaardering van die rol van raadgewende maatskappye en begunstiging sal ondersoek word. McKinsey ontken enige ongerymdhede.