NBC: Skuld bly groei, 11de nadelige oudit

Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke sê die nasionale uitsaaier, die NBC, se verliese duur voort. Hy het die uitsaaier se ouditverslag vir die 2019-2020 finansiële jaar bekendgemaak. Kandjeke sê die maatskappy het verliese van 1,6 miljard Namibiese dollar in die boekjaar aangeteken teenoor 1,4 miljard in die vorige finansiële jaar. Hy sê ten spyte van die herhaalde verliese, slaag die maatskappy nie daarin om ‘n waardedaling beoordeling van bates uit te voer nie en dus sal hy voortaan moet staatmaak op reddingsboeie van die regering. Kommerwekkend is dat derde-party skuld tot 377 miljoen dollar gestyg het, op van 252 miljoen dollar in die vorige jaar. Die NBC het weereens ‘n nadelige oudit-opinie ontvang, soos hy elke jaar sedert 2011 ontvang het.