ActionSA eis antwoorde oor diefstal op Ramaphosa se plaas

Die president van ActionSA, Herman Mashaba, eis antwoorde van die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, en die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kieswetter, oor die onthullings oor die diefstal van vier miljoen Amerikaanse dollar op President Cyril Ramaphosa se wildsplaas, Phala Phala, in Limpopo. Lerato Ngobeni van ActionSA se dit is onwettig vir Suid-Afrikaanse ondernemings om sake te doen in buitelandse valuta behalwe waar uitvoer betrokke is.