Geslagsgeweld moet in SA beveg word

Die departement van vroue, jeug en mense met gestremdhede doen ‘n beroep op gemeenskappe om die vlaag geslagsgeweld te veroordeel en te beveg. Dit gebeur te midde van die jongste misdaadstatistiek wat dui op ‘n toename in die aangetekende seksuele oortredingsake in die land. Shoki Tshabalala van die departement sê binne slegs drie maande is meer as 30 000 sake by die polisie aangemeld.