Action Society beplan regsoptrede teen polisieminister

Die direkteur van Action Society, Ian Cameron, sê hy beplan regsoptrede teen die minister van polisie, Bheki Cele, nadat hy gewelddadig verwyder is uit ‘n gemeenskapsvergadering in Gugulethu en Nyanga in Kaapstad. Cameron sê die minister bedryf vuil politiek, politiseer misdaad en trek die aandag af van die ware kwessies waarmee inwoners te doen het. Cameron sê Cele skeep die Wes-Kaap en sy probleme af.