Namibiese Brandstof-kleinhandelaars vergader tans oor brandstofpryse

Namibiese Brandstof-kleinhandelaars vergader tans in Windhoek oor die pad vorentoe rakende die kwessie van stygende brandstofpryse in die land. Hulle eis beleidsveranderinge oor hoe brandstofpryse aangepas word. Die kleinhandelaars beplan om die vulstasies regoor die land te sluit totdat ‘n beduidende verandering geïmplementeer word. Elifas Simon, uitvoerende hoof van die Black Business Leaders Network, het gesê hulle het vier dae om hul besluite te neem.