Marokko het sy ergste droogte in dekades

Die minister van landbou in Marokko, Mohammed Sadik, sê die gebrek aan water vir besproeiingsdoeleindes is die pimêre uitdaging vir die huidige landbouseisoen weens ongunstige weerstoestande. Die land het te doen met sy ergste droogte in dekades. Sadik sê om die droogte teen te werk, bevorder die ministerie aktief die gebruik van besproeiing om die doeltreffende en volhoubare gebruik van waterbronne deur die Groen Geslag-strategie en die Groen Marokko-plan te verseker. Sadik sê die maatreëls is gemik op praktiese produksie-insette en om watertekorte teen te werk.