Action SA: KZN-premier se nalatenskap is korrupsie

ActionSA in KwaZulu-Natal sê premier Sihle Zikalala se nalatenskap is korrupsie, mislukking en onoorkomelike agteruitgang van infrastruktuur regoor KwaZulu-Natal. Onder Zikalala se mislukte leierskap is vloedslagoffers steeds in gemeenskapsale sonder behoorlike skuiling, na die vernietigende vloede in April vanjaar. Volgens ActionSA se provinsiale sekretaris, Bongani Caluza, is Zikalala se bedanking op ‘n tyd wat die saak van korrupsie, geldwassery en rampokkery van meer as 340 miljoen Suid-Afrikaanse rand teen die voormalige burgemeester van eThekwini, Zandile Gumede, en ander beamptes, steeds nie afgehandel is nie.