Aanklaer-generaal moet beslis oor China Town-saak

Aktiviste Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma, wat saam met ses ander aangekla word in verband met betogings in Mei by China Town in Windhoek, se saak is na die aanklaer-generaal se kantoor vir beslissing verwys. Dit volg ná hul regsverteenwoordiger, Kadhila Amoomo, aansoek gedoen het om die grondwetlikheid van die Wet op Oproerige Byeenkomste van 1956, waarvolgens die beskuldigdes aangekla word, te betwis. Hy het tydens pleitverrigtinge in die Windhoekse landdroshof in Katutura aangevoer dat die wet hul grondwetlike regte skend. Al die beskuldigdes het onskuldig gepleit op die aanklagte. Landdros David Mukuyu het die saak tot 5 Oktober uitgestel vir die aanklaer-generaal se beslissing.