Pakistan steier onder vloede

Pakistan se Nasionale Rampbestuurs-owerheid het bevestig 549 mense het die afgelope maand in kitsvloede omgekom. Die vloede is veroorsaak deur swaar moesonreën wat afgeleë gemeenskappe in die suidwestelike provinsie, Balochistan, geraak het. Volgens die owerheid was die afgelope maand die natste in dekades met 133 persent meer reën as gemiddeld wat 46 200 huise vernietig het. Die hoofminister van die provinsie, Abdul Qudoos Bezenjo, sê meer hulp, voedsel en medikasie  is nodig en nog gesinne moet hervestig word.