Ace se skorsingsaak 24 Junie in hooggeregshof

Ace Magashule se aansoek dat sy skorsing as ANC-sekretaris-generaal tersyde gestel word, word op 24 en 25 Junie in die hooggeregshof in Johannesburg aangehoor. Magashule is geskors omdat hy nie die party se opstystaan-beleid wou volg nie.