ACC se direkteur-generaal meen korrupsie neem nie toe in Namibië

Die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie, het gereageer op die jongste peiling deur Afrobarometer wat toon dat die meerderheid Namibiërs van mening is die regering het die stryd teen korrupsie verloor. Altesaam 70 persent sê die regering het nie die vermoë om die misdaad te bekamp nie. Twee derdes van respondente sê hulle is bang vir vergelding as hulle korrupsie aanmeld en ‘n derde sê daar is korrupsie in die polisie. Afrobarometer het die peiling in 34 Afrikalande uitgevoer en ses uit elke tien respondente regoor die lande sê korrupsie het in 2020 toegeneem met 40 persent wat sê dit het baie toegeneem. Amper die helfte van respondente, 47 persent, sê meeste of alle polisiebeamptes is korrup. Paulus Noa, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy dink nie korrupsie is besig om toe te neem nie.