Boorlisensies van Headspring Ivenvestments teruggetrek, maar nie EPL’s nie

Die Stampriet Akwifeer Uraanmynbou-komitee wat bestaan uit bekommerde Namibiërs, spreek hul dank uit teenoor die landbouminister, Calle Schlettwein, wat die boorpermitte van Headspring Investments teruggetrek het. Hulle beklemtoon egter dat die Eksklusiewe Prospekteerlisensies nie teruggetrek is nie. Die Namibiese Landbou-unie sê in die lig van die pas afgelope COP26-Klimaatsberaad in Glasgow, waar die Namibiese leierskap hul volle toewyding tot omgewingsake gegee het, kan die loging van uraan in die Stampriet artesiese kom nie deel wees van Namibië se groen visie nie. Tanja Dahl, woordvoerder van die landbou-unie, sê daar heers steeds groot kommer.