PSUN sê regering laat staatsdienswerkers in die steek

Die vakbond vir staatsdienswerkers, PSUN, se sekretaris-generaal Matheus Haakuria sê die regering het staatsdienswerkers in die steek gelaat met sy besluit om nie hul salarisse te verhoog nie, ondanks die skerp stygende lewenskoste. Haakuria het beklemtoon dat staatsdienswerkers die afgelope se jaar nie salarisverhogings gekry het nie. Tydens die middeltermyn-begroting het die minister van finansies, Iipumbu Shiimi aangekondig dat staatsdienswerkers nie binnekort salarisverhogings gaan kry nie.