Academy sê na 48 jaar jammer vir Sacheen Littlefeather

Die Academy of Motion Picture Arts and Sciences, wat die Oscars bestuur, het ‘n formele verskoning uitgereik aan Sacheen Littlefeather, die inheemse Amerikaanse aktivis wat by die 1973 Academy-seremonie verskyn het as deel van Marlon Brando se weiering om sy toekenning te aanvaar. Brando is bekroon met die Oscar vir beste akteur vir sy rol as Vito Corleone in The Godfather, maar het die toekenning geweier en nie die geleentheid bygewoon nie – in protes ter ondersteuning van inheemse Amerikaanse regte. In plaas daarvan het Littlefeather geweier om die beeld namens hom te aanvaar, en het ‘n kort toespraak gemaak. Sy is uitgejou en volgens berigte moes John Wayne fisies teruggehou word omdat hy haar te lyf wou gaan. Die Academy se president David Rubin sê Littlefeather het ‘n kragtige verklaring gemaak wat ons aanhou herinner aan die noodsaaklikheid van respek en die belangrikheid van menswaardigheid.