Skerp reaksie van Cran oor berigte oor oorbesteding

Die Namibiese Kommunikasie-owerheid, Cran, het skerp gereageer op berigte in die jongste Tender Bulletin oor sy verkrygings pogings. Volgens die publikasie is daar geen perke aan luukshede nie, veral korporatiewe geskenke en verversings vir personeel. Die owerheid het ook deurgeloop oor kwotasies vir twee funksies vir personeel wat selfs koopbewyse vir drank by die geleenthede insluit. Katrina Sikeni, die owerheid se bestuurder vir kommunikasie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Sy het ook die motief van die artikel bevraagteken.