Aborsie nie die oplossing vir babastortings nie – ProLife

ProLife Namibia het gereageer op berigte dié week dat 234 babas sedert 2016, weggegooi is. Volgens Sasha Louw van die organisasie, is die wettiging van aborsie nie die antwoord om die probleem op te los nie. Sy sê babastorting word deur armoede, stigma en ‘n gebrek aan ondersteuning veroorsaak en dus, moet daardie probleme aangespreek word. In haar mening word moeders genoop om so desperate besluit te maak omdat daar geen maatskaplike ondersteuning is nie, die vaders is ook nie teenwoordig nie, en meisies en vroue is nie opgevoed in gesonde familie-beplanning en reproduktiewe gesondheid nie. Louw sê niks sal verander as die meisies ‘n aborsie aangebied word, en dan, teruggestuur word na dieselfde omstandighede waarin die swangerskap gebeur het.