Eskom mik vir Zim se kragaankope uit Zambië, Mosambiek

Eskom wil Zimbabwe vervang as ‘n invoerder van elektrisiteit uit Mosambiek en Zambië, om tekorte aan opwekkingsvermoë aan te spreek. Zimbabwe se kontrakte met Mosambiek se Electricidade de Mocambique en Zambië se Zesco sal aan die einde van dié maand verstryk, volgens Sydney Gata, die voorsitter van die Zambië land se Zesa. Hy voeg by dat Zimbabwe versuim om die maandelikse invoerrekening van 6,3 miljoen Amerikaanse dollar, of 104 miljoen Namibiese dollar te betaal. Hy het aan media bevestig dat Eskom druk op hulle en Mosambiek plaas om die kontrakte oor te neem. Gata sê sou die kontrak met Zimbabwe gekanseller word sal die land hard getref word omdat dit langtermynkontrakte is.