Aanloopbaan smelt in Brittanje, brande woed in Frankryk

Frankryk het drie bykomende vliegtuie en nog honderde brandbestryders ontplooi om veldbrande te beheer wat versprei te midde van die skroeiende hittegolf in ‘n groot deel van Europa. Twee mense is ook in brande in Spanje dood. Die owerhede in die suidweste van Frankryk het planne aangekondig om meer dorpe te ontruim en 3 500 mense te verskuif wat in gevaar verkeer. Intussen het die uiterste hitte in Brittanje die land se lugmag gedwing om vlugte op sy grootste basis te staak nadat die aanloopbaan gesmelt het. Rekordtemperature van rondom 40 grade Celsius word vandag in die Verenigde Koninkryk verwag.