K2-berg weer vandag deur Suid-Afrikaners gepoog

Suid-Afrikaanse bergklimmers Warren Eva en John Black is op pad om die K2-berg wat deel is van die Karakoram-bergreeks langs die Pakistan-China-grens, uit te klim om fondse in te samel vir die Food4Hope-projek. Hulle het die eerste kamp een van die wêreld se mees gevreesde berge bereik, sê Linda Niemoller van Food4Hope aan Kosmos 94.1 Nuus.