Talle sektore kry steeds swaar na pandemie

Nadat Namibiese President Hage Geingob aangekondig het dat alle Covid-regulasies verwyder word, word die impak van die pandemie steeds op die ekonomie gevoel. Daar is steeds besighede wat sukkel om te herstel en lenings van banke aangegaan het. Kosmos 94.1 Nuus het aan die Ontwikkelingsbank van Namibië se uitvoerende hoof, Martin Inkumbi, gevra of lenings voldoende terugbetaal word en of mense nog sukkel.    

Inkumbi sê sekere sektore kry baie swaar.