Numsa veroordeel protes-aanvalle in Brasilië

Numsa in die buurland veroordeel die optrede van die oupresident van Brasilië, Jair Bolsonaro en sy ondersteuners wat gepoog het om die regering van president Lula da Silva met ʼn staatsgreep omver te werp. Ondersteuners van Bolsonaro het die kongresgebou, die hooggeregshof en die presidensiële paleis bestorm. Die woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola sê sy ondersteuners weier om te aanvaar Bolsonaro het die verkiesing in ʼn regverdige proses teen Lula da Silva verloor.