Dr. Hangala: Kudugas-kragstasie kan SA help

Dr. Leake Hangala, die uitvoerende voorsitter van die Hangala-groep, het op sy Twitter-blad geskryf dat Namibië sy ANC-kamerade moet help om beurtkrag te beëindig deur elektrisiteit aan hulle te verkoop vanaf die Kudugas-kragstasie wat dringend in Namibië gevestig moet word. Hy sê dit is nie onrealisties vir Namibië om 400 tot 600 MegaWatt aan Eskom te verkoop nie. Hy sê die Namibiese regering behoort daardie proses dringend te fasiliteer. Kosmos 94.1 Nuus het met Dr. Hangala gepraat.