Atletiek: Somer Olimpiese Spele 2024 se skedule bekend

Atletiek: Wêreld-atletiek het die skedule bekendgemaak vir die Somer Olimpiese Spele in 2024. Volgens die wêreld-beheerliggaam het hy besluit om die eindrondes van die baan- en veld-items saans te hou. Wêreld-atletiek sê die mededinging vind oor elf dae in 17 sessies in die Stade de France plaas. Pad-items vind op vier verskillende dae soggens plaas. Die geleentheid begin op 1 Augustus volgende jaar.