Swendelaars teiken Johannesburgers

Swendelaars bly besig met hul skelmstreke. Die Johannesburgse metropolisie waarsku inwoners teen vals advertensies en werkaanbiedings, wat kwansuis van die metropolisie af kom. Die advertensies nooi belangstellendes om vir vakatures aansoek te doen. Die woordvoerder, Xolani Fihla, sê daar is tans geen vakante metropolisie-poste nie. Hy sê die advertensies maak deel uit van ‘n bedrogspul wat daarop gemik is om die publiek te mislei en mense moet die advertensies ignoreer.