Kieterkat per ongeluk met Amazon gepos

’n Gesin in Amerika is met hul kieterkat herenig nadat sy per ongeluk in ‘n pakkie beland het wat teruggestuur is Kalifornië toe. Galeana se eienaars het dae lank hoog en laag gesoek nadat hul geliefde kat uit hulle huis in Utah verdwyn het. Sy is byna ‘n week later deur ‘n Amazon-werker gered nadat sy ongemerk in een van die gesin se pakkies gespring het. Haar eienaars het meer as 1 600 kilometer gevlieg om hul troeteldier te gaan haal. Galeana was gelukkig nog fris en gesond al was sy ‘n paar dae sonder kos of water.