Namibiese padvervoersektor ervaar ook veiliger feestyd op paaie

Die Namibiese padvervoersektor het ook ‘n veiliger feesseisoen op Namibiese paaie beleef. Volgens die Motorvoertuig-ongelukkefonds is in die feestyd vanaf 22 November 2022 en 2 Januarie 2023 is altesaam 324 padongelukke aangeteken, 15,2 persent minder as die vorige jaar. Hierdie feestyd was daar 45 persent minder sterftes en 15 persent minder beserings as in die vorige feesseisoen. Lewensverliese was 54 in vergelyking met 98 die vorige jaar en 79 in 2020/2021. Stefan Terblanche, uitvoerende hoof van FP du Toit Transport, het met Kosmos 94.1 nuus oor hoe hul vragmotorbestuurders die paaie beleef het.

Terblanche sê hulle is ook dankbaar oor die brandstofprys wat gedaal het.