Spar Hentiesbaai verrys uit die as

Spar Hentiesbaai het soos ‘n feniks uit die as verrys. Spar het einde verlede jaar heropen nadat die winkel einde Maart tot op die grond afgebrand het. Die brand het reuse-skade berokken en was die grootste ramp tot op hede vir die kusdorp. Spar Hentiesbaai se bestuurder, Karel Agenbag, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle het goeie besigheid in die feesseisoen gedoen.